Ons Dien: Ons dra...

ONS DRA
MEKAAR EN ANDER


Die volgende persone neem verantwoordelikheid vir al die verskillende aksies waarmee ons gemeente besig om Mekaar en Ander te Dra.  As jy by enige van die onderstaande aksies betrokke wil raak kontak asseblief die persoon daarvoor verantwoordelik.

Klerebank      Adriana Pretorius 063 690 5354  
Rusoord  Cornelia Stapelberg 083-657-7403 /  012-661-5482
Alimentasie  Solly Hattingh  082-454-3029 / 012-660-0316
Huis 5 Lynette Venter 082 550 0676
Reddingsdaad Sakkie du Plooy 083-448-9473 / 012-654-6597
Engelprojek Lynette Venter 082 550 0676
Weskoppies Vrywilligers benodig  

 

Lief en leed

Ons vra u voorbidding vir die volgende persone en sake:
•    Vic Nortier is baie siek.
    Gloria Powell se suster is oorlede.
•    Dankie vir 'n Bybel in ons eie taal (Bybelsondag).
•    Ringsittings.
•    Zimbabwe.
•    Vroue.

Ons nooi gemeentelede om ons asb te laat weet van die lief en leed in jul lewe.
Kontak asb die kerkkantoor 012 654 7944 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Huis 5

Baie dankie vir die nagklere en ook ander seunsklere wat deur die gemeente geskenk is.
Dit word baie waardeer.

Kontak Lynette Venter vir meer inligting - 082 550 0676.

Katkisante vul die koskas

Ons gaan help om die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) se koskaste aan te vul. Hierdie kos word aan behoeftige gesinne in ons omgewing uitgedeel. Katkisante kan deur die loop van die jaar, op 'n Sondag, nie-bederfbare kosprodukte saambring en by hul kategeet ingee.

Bybelgenootskap

Dit is die taak van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika om bekostigbare Bybels te voorsien vir elkeen in hul eie taal en in geskikte formate sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar. Die Bybel bly vir ons ‘n kosbare skat. Daarom strewe die kerk daarna dat elke lidmaat dit moontlik maak om ten minste een Bybel per jaar te help beskikbaar stel sodat elke mens in ons land ‘n Bybel in sy of haar eie taal kan hê teen ‘n bekostigbare prys. Merk oorbetalings asb duidelik as 'Bybelgenootskap'. Elke R55 help die Bybelgenootskap om een Standaardbybel bekostigbaar beskikbaar te stel.

Speelgoed vir kleuterskool

Die kinders by Lesedi Day Care het geen speelgoed gehad nie. Francina Mamabolo, hoof van dié skool in Olievenhoutbosch, het laat weet dat hulle baie dankbaar is vir al die speelgoed wat geskenk is deur ons lidmate. 

Klerebank

Onthou asseblief die klerebank indien u weer klere uithaal wat nie meer gedra word nie.  Daar is veral 'n behoefte aan kinderklere. Laai klere gedurende die week of op 'n Sondag af by die kerkkantoor. Vir verdere inligting kontak asseblief vir Adriana by 063 690 5354.

Reddingsdaad:
Sonder broodjies skool toe

Reddingsdaad is 'n nie-winsgewende organisasie wat vir ± 130 mense daagliks drie maaltye per dag voorsien. Reddingsdaad maak ook daagliks 200 toebroodjies vir skoolkinders wat nie broodjies het om speeltyd te eet nie.

Hulle benodig dringend die volgende: margarien, Marmite/Bovril, vissmeer, konfyt, stroop en  grondboon-botter.

Enige nie-bederfbare voedsel is baie welkom.

Hulle besoek ons een maal elke 2 weke op `n Donderdagoggend. Lewer af by ons kerkkantoor. Navrae: Sakkie du Plooy 083 448 9473.

 

Breigroep

Ons brei en hekel musse en handskoene om skoolkinders warm te hou in die winter.

Baie, baie dankie aan elkeen wat vanjaar met vlytige vingers en warm harte bygedra het tot die breiprojek. Ons bedank julle met die woorde van Mattheus 25:40 want is dit nie in die eerste plek waaroor dit gaan nie? Die projek was besonder geseёn; nie alleen het daar nog vrywilligers na vore gekom, ook vanuit buite ons gemeente, maar ons het deur ‘n borg wol ontvang. 

Breigoed is vanjaar as volg versprei:
•    Huis Mia – klein mussies (Deurganghuis waar babas versorg word wat wag vir aanneming).
•    CHOC- huis in Lyttleton - mussies, handskoene en slaapkouse.
•    Agt kleuterskole by Mooiplaas en ander informele nedersettings in die Tshwane omgewing -   musse.
•    Ses plaaskleuterskole in die Cullinan/Bronkhorstspruit omgewing – musse.
•    Helpende Hand – musse , serpe, wol en kniekomberse.
•    Winterhoop in Pretoria middestad – musse, serpe en kniekomberse.
•    Bejaarde dames in Mamelodi – musse en wol.

Neem asb wol in die voorportaal en skryf jou naam op die lys.

Kontak Ryna 083 484 8996 of Louisa 071 689 9447 vir meer inligting.

 

Hulp aan mense wat by verkeersligte staan

Die algemene aanbeveling is dat ons nie geld aan die mense moet gee nie. Dit word meestal net weer aangewend vir verslawende middels.

As alternatief kan ons hulle van etekoepons voorsien waarmee die persone etes op verskillende plekke kan 'aankoop'. ‘n Boekie met 10 koepons in is teen R150.00 by die kerkkantoor beskikbaar – slegs kontant, groot asseblief.

 

 

Ons deel God met Mekaar & Ander

Ons Aanvaar Mekaar & Ander

Ons Benut Mekaar & Ander

Posbus

Posbus 50317
Wierdapark
0149

Adres

  • Piet Hugostraat 275
  • Eldoraigne
  • Gauteng
  • 0157
  • Suid-Afrika

Kontak

Kerkkantoor ure

10:00-14:00 van Maandae tot Vrydae