Geloof waar ons Leef

 

 

 

 

Een van die doelwitte is om deur Geloof waar ons Leef die evangelie van Christus op 'n baie praktiese manier beskikbaar te stel. Die kerkraad wil ouers bemagtig in hulle kinders se geloofsonderrig.

Tydens kategese gaan gesinsblaaie beskikbaar gestel word. Hierdie blaaie sal op die gemeente se webblad of per epos of sms-aanvraag beskikbaar wees. Die doel is om die boodskap van die erediens en kategese te integreer en prakties te maak. Die kerkraad stel voor dat u as gesin een of twee keer per week kies en opsy sit om as gesin die werksblaaie te bespreek en sommer geloof was júlle leef mekaar te deel.

Dit sal ons as gemeente ook help om mekaar as geloofsgesin te ondersteun en belangrike vierings in ons lewens in te bou. Binne 'n baie gejaagde samelewing kan dit baie maklik gebeur dat die lewe ons leef in plaas van dat óns die lewe leef en vier. Ons glo dat Geloof waar ons Leef waarlik 'n bydra tot jou en julle gesin se geloofservaring sal maak en dat dit groei in verhouding met God tot gevolg sal hê.

Indien u enige vrae of voorstelle het rondom Geloof waar ons Leef, kliek hier vir meer inligting oor hoe dit werk of gesels met enigeen van die predikante.

 

 

 

 

 

 

 


This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. | Kantoor: 012 654 7944

 

Ons deel God met Mekaar & Ander

Ons Aanvaar Mekaar & Ander

Ons Benut Mekaar & Ander

Posbus

Posbus 50317
Wierdapark
0149

Adres

  • Piet Hugostraat 275
  • Eldoraigne
  • Gauteng
  • 0157
  • Suid-Afrika

Kontak

Kerkkantoor ure

10:00-14:00 van Maandae tot Vrydae